Lyrics
Hoe raak jy aan die slaap?
Hoe begin jou dag?
Open jy jou oë met 'n traan
Of met 'n lag?
Kyk jy om jou rond
Sien jy dan die son?
Of soek jy agter alles
Na die skadu op die grond?

Leef jy vir geluk
Of sterf jy van verdriet?
Is daar vir jou 'n keuse
Of het jy geen keuse nie?
Dit maak nie regtig saak
Of dit waarheid is of nie
Dis hoe jy dit sien.

Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel

Weet jy wat jy het?
Is die sirkel rond?
Sien jy wat daar staan
Of bly jou oë op die grond?
Kry jy wat jy wil
Of meer as wat jy vra
Is jy tevrede met die minste
Of is die meeste nie genoeg?

Raak jy verwondered deur sneeu
Deur die druis van die wind?
Geniet jy nog die voëls
En die glimlag van 'n kind?
Bewerk jy jou geluk
Want binne in jouself
Is die eindig en begin

Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk as wat jy voel
So ryk as wat jy voel

Hoe mooi kan jou lewe lyk
Dis maar hoe jy kyk
Dis maar wat jy droom
Hoe mooi is jou werklikheid
Jy is net so ryk
So ryk soos jy voel
So ryk soos jy voel

Copyright: BMG Rights Management
Writer(s):




Videos
Close
Mooi
Elvis Blue - Mooi (Live)
Mooi
Mooi
Mooi (Lirieke)
MOOI - Affiekoor 2023
Mooi van Elvis Blue: Cailin Labuschagne se weergawe
Download SoundHound
The only App that can give you results through singing and humming search!
You can sing any song from this artist to help SoundHound users find it!